June 2022 - AgriForum - Brahman Bylae Agra se Paul Klein gee terugvoer oor stoetveilings.
Die Brahman-ras se sterk teenwoordigheid in die Namibiese vleisbedryf het opnuut op die voorgrond getree tydens terugvoer oor Agra-stoetbeesveilings op die Brahman-beoordelaarskonferensie en die jaarlikse telersdag wat onderskeidelik begin en einde Maart
plaasgevind het. “Op 15 van 24 stoetbeesveilings van verlede jaar is Brahmane aangebied. Die totale aanbod van bulle van dertig telers was 318 bulle waarvan 277 verkoop is. Die grootste aanbod was 46 bulle op ’n veiling in Junie verlede jaar,” het Paul Klein, Agra se
lewendehawe-bestuurder, gesê.