May 2018 - Agriforum Brahman bylae - Telers trek saam by die Eggerts van Otavi Sowat 70 Brahman-telers het op
10 April op die plaas Askevold
van Hagen en Birgit Eggert in die
Otavi-omgewing
saamgetrek vir
die jaarlikse telersdag. Dit was ’n
dag propvol inligting met ’n verskeidenheid
van onderwerpe wat
toegelig is, waaronder die vleisbees-
genomikaprojek (Jacque Els
van die Namibiese Stoettelersvereniging
en Thys Meyer,
Suider-Afrikaanse
koördineerder
van dié projek), die belangrikheid
om netto-voerinname
te meet
(Kobus Bester, voorsitter van die
Lewendehawe
Registrerende
Federasie) en ’n algemene oorsig
oor die Brahman-stoetveebedryf
(konsultant
Kiep Lepen). Lees die volle bylae in PDF (4MB)