September 2017 - Agriforum Brahman Special Edition Die gesogtheid van die Brahmanras in ongunstige
klimaat- en ekonomiese omstandighede het opnuut
sterk op die voorgrond getree met die aantal
Brahmane in die nasionale kudde wat die afgelope
jaar toegeneem het ondanks uitdagings soos die
onlangse droogtejare en die pryskosteknyptang
waarin boere vasgevang is.
Die goeie nuus het Mecki Schneider, president
van die Namibiese Brahman Telersgenootskap,
aan medetelers oorgedra tydens die Brahman-genootskap
se jaarvergadering op 18 Julie in Windhoek. Lees die volle bylae in PDF (3.5MB)