Dames en Here, mede-Brahmantelers,
Graag gee ek vir u terugvoering oor die afgelope jaar se aktiwiteite wat oor die periode Julie 2012 tot Julie 2013 strek.
Met die goeie reens verlede jaar is die jaar 2012 met goeie klimatologiese omstandighede afgesluit met goeie stoetveepryse soos in die Agra Ring saamgevat. Groot veldbrande en een van die ergste kommandowurmplae sedert die middel neentiger jare het die weidingstoestande vinnig negagtief beinvloed. Die jaar 2013 het met minder goeie weersomstandighede begin wat dan ook landswyd in `n droogtetoestand verander het volgens statistiek landswyd die ergste droogte sedert 1981 d.w.s. die afgelope 32 jaar. Enkele suidelike gedeeltes van die land het met baie laat reens oor die paasnaweek uit die droogtetoestande ontsnap. Baie stoetveebedrywe moes aanpassings doen wat sekerlik ook `n invloed gaan he op ons stoetveegetalle. Stoetveepryse het gemiddeld met ten minste ongeveer 25% gedaal vir bulle maar vroulike Brahmandiere bly steeds in sterk aanvraag met goeie pryse. Brahmanstoetveepryse bly op `n gesonde, langtermyn volhoubare en bekostigbare grondslag vir kommersiele en kommunale beesboerdery.
`n Verdere goeie ontwikkeling was die oop maak van ons noordelike grense, spesifiek dan na Angola, weens die droogte toestand. Beide die NBBS en die NSV het al die afgelope maande tevore hier goeie aanvoerwerk vir spesifiek stoetveeuitvoere gedoen.
Statistiek: Ek is bly om te kan vermeld dat die aantal telers en die aantal stoetdiere ook die afgelope jaar nog steeds toeneem. Ses nuwe stoeterye het die afgelope maande uit Botswana en een uit Angola (moontlik `n tweede een) aangesluit. Met die aksie van die NBBS verlede jaar met besoeke na ons buurlande is dit dus die eerste positiewe resultate. Geen finale besluit is nog deur Zambiese Brahmantelers geneem nie. Die totale aantal telers by die NBBS op rekord is nou 120 (`n 10% verhoging) met 16127 diere (net 2,5% verhoging moontlik weens die droogte) met 7629 vroulike diere ouer as 24 maande. Die totale aantal kalwers aangemeld het vir die eerste keer bo die 5000 merk gestyg na 5374 (`n 14% verhoging). Daarmee bly die Brahman steeds die gewildste beesras in Namibi .
Die finansies van die NBBS is steeds gesond en die boekjaar 2012/2013 is met `n klein wins afgesluit alhoewel vir `n verlies begroot was. Die omset van die genootskap het vir die eerste keer die N$ 1 mill merk oorskrei. Ons dank aan FNB vir `n borgskap van N$ 200000 oor 3 jaar ter ondersteuning van ons rasbevorderingsprojek. Hierdie borgskap word besonders gewaardeer aangesien dit die NBBS jaarliks finansieel ondersteun vir `n uitgawepos, naamlik, rasbevordering waarvoor daar nie voldoende begroot was nie met die nuwe Suider-Afrikaanse inisiatiewe en uitdagings t.o.v. rasbevordering.
Die gedetaileerde finansiele state is beskikbaar. Die totale bates is tans N$ 835 000 wat die genootskap genoegsame finansiele steun gee.
Keuring bly steeds `n integrale deel van ons jaarlikse aktiwiteite. Met die besoek van Llewellyn Labuschagne (President van die RSA Brahmantelersvereniging) aan die begin van die jaar na ons keuders/beoordelaars konferensie is ons keurstelsel ook in die RSA voorgestel moontlik sal ons in toekoms ook aanwending daarvan in die RSA sien. Die totale aantal diere wat vir keuring voorgestel is, was 2957 waarvan 38% manlike en 62% vroulike diere was. Net 71% van manlike diere, maar 90% van vroulike diere is goedgekeur. Insluitend die diere wat nie vir keuring voorgestel word nie wys dit op strenger seleksie op bulle na beraming is net ongeveer 40% van bullkalwers goedgekeur. `n Spesiale woord van dank aan al ons keurders wat dikwels geen maklike taak het nie. Ook `n besondere woord van dank aan Willie Grobler wat ongeveer 700 vroulike diere by 6 telers in Botwana gekeur het, die meeste daarvan het op die Hulpstamboek A register ingekom.
Aktiwiteite wat gedurende die jaar plaagevind het was:
- Die skoue in Windhoek, Grootfontein, Gobabis en Rehoboth is weereens deur getroue telers ondersteun. Vir die eerste keer na jare was besluit om die Nasionale kampioenskappe buite Windhoek te hou, naamlik op Grootfontein.
- Die Nasionale Brahman veiling is vir die eerste keer na die Windhoek skou in Oktober gehou om dit vir telers meer aantreklik te maak om hulle skoudiere op die Nasionale veiling aan te bied. Al die vereistes van die Nasionale Veiling is streng toegepas en ongelukkig het net ongeveer die helfte van die diere aan die vereistes voldoen. Alhoewel dit moontlik enkele telers in verleentheid geplaas het, het die genootskap as geheel daarby gebaat aangesien dit `n sterk boodskap uitgestuur het dat die genootskap ook na die belange van die potensiele kopers omsien.� Die veiling is voor afgegaan met `n promosie aanbieding met die tema: Teling vir aanpasbaarheid onder Suider-Afrikaanse ekstensiewe boerderytoestande met Pof Frikkie Neser (Universiteit Vrystaat) en Kiep Lepen (Agra Stoetveedienste) as sprekers.
- Met die hulp van Llewellyn Labuschagne (uit Suid-Afrika) as kursusleier is `n baie suksesvolle orienteerings- en gevorderde kursus op die plaas Strydfontein van Jörg Schlüder naby Grootfontein angebied.� Enkele bevorderinge van beoordelaars is aanbeveel en die lys van huidige beoordelaars/keurders is beskikbaar.
- Die jaarlikse keurders/beoordelaars konferensie is weereens in Januarie gehou � hierdie keer op die plaas Lehmputz van Horsti Gossouw naby Kalkveld.� Van die belangrikste uitvloeisels uit die konferensie was dat rooi en wit Brahmane ook in toekoms gesamentlik geskou sal word en dat `n nuwe geordende struktuur vir bevordering van keurders en beoordelaars aanvaar is. Die bevordering van keurders en beoordelaars word tans teen hierdie vereistes gemeet. `n Dokument oor die etiek van telers is bespreek en aanvaar.� Alle aspekte rondom keuring is weereens deeglik bespreek en prakties gedemonstreer.
- Thys Meyer (RSA Brahmanteler) het op `n spesiale Brahmantelersdag telers ingelig oor die nuutste verwikkelinge rondom verskeie tegnologiese ontwikkelinge soos: die BIN progam, meeting van NFI, seleksie indekse, genomiese ontwikkeling en die� �completeness of performance recording� evaluasie van kuddes.
- `n Telersdag is begin April op die plaas Bornholm van Kaspar en Stefanie G�nzel aangebied.� Die tema was �Die invloed van Genomika op die stoetveebedryf� en as sprekers het Dr Munro Marx (Unistel Suid-Afrika) en Jacque Els van die NSV opgetree.
- Die stigting van `n Suider-Afrikaanse Brahman Breed Improvement Forum (Rasbevorderingsforum) met die RSA Brahmantelersvereniging het op 5 April 2013 plaasgevind en die opvolgvergadering op 12 Julie 2013 te Irene, RSA.� Die werksaamhede van hierdie forum sal `n nuwe sterk momentum aan die genetiese verbetering van die Brahmanras gee.
- Tesame met die rasbevorderingsvergadering in April is die RSA Brahmangenootskap besoek om oor die aanstaande Brahman W�reldkongres in April 2014 te besin en te beplan. Die W�reldkongres en skou sal in Parys, Vrystaat, by die Afridome en by die Khaya Ibhubesi lodge plaasvind.� Dit sal `n Suider-Afrikaanse Brahman W�reld kongres wees.
Rasbevordering:�� Soos al bo vermeld is `n nuwe inisiatief geloods om rasbevordering van die Suider-Afrikaanse Brahman `n nuwe momentum te gee. Ons dank aan FNB wat deur hulle borgskap die aksie vir ons moontlik gemaak het. Uit die Brahman Rasbevorderings Forum vergaderinge, wat bestaan uit die twee Brahmantelergenootskappe se verteenwoordigers, wetenskaplikes van die LNR en Universiteit Vrystaat en BREEDPLAN Afrika, is die volgende aksies geloods:
- `n evaluasie van die genetiese tendense van eienskappe (van die nasionale Brahmankudde) wat vir prestasietoetsing gemeet word
- Onderhandelinge vir `n internasionale genetiese evaluasie vir Brahmane tussen Namibia, Suid-Afrika, Australi� en die VSA is afgesluit met `n totale aantal Brahmandiere op die gesamentlike databasis van 197514 met ongeveer 1,27 miljoen datarekords . Die totale� kostes (van US$ 26000) word gedeel met `n ooreengekome formule wat ook die aantal stoetdiere van elke land in ag neem. Hierdie evaluasie sal vir ons telersgenootskap ongeveer US$ 2656 (16,6%) kos.� Dit sal die eerste genetiese internasionale evaluasie vir enige ras wees wat oor 3 kontinente strek. Daar word beoog dat die eerste resultate tydens die Brahman W�reldkongres in April volgende jaar bekendgestel word.� Al is ons die kleinste deelnemer (ca� 8,2% van diere) kan ons trots wees op die aantal en gehalte prestasietoetsdata wat ons vir die bereking beskikbaar stel.
- `n Genomiese ontwikkelingsprogram is van stapel gestuur met die identifiseering van Brahmandiere in die Suider-Afrikaanse Brahmanstoetkudde wat aan kriteria van ho� akkuraatheid teelwaardes voldoen. Die kriteria is gesamentlik met die RSA gefinaliseer. Die insameling van oor die 1000 geidentifiseerde DNA monsters van diere word beoog. Tans is daar al `n paar honderd diere in Suider-Afrika� geidentifiseer en DNA monsters is al van baie diere ingestuur. Dit sal die akkuraatheid van teelwaardes van veral jong diere verhoog, die akkuraatheid van moeilik meetbare eienskappe verhoog om sodoende vinniger genetiese vordering te maak. Verdermeer, om voorbereid te wees as verdere genetiese aanwendinge in die volgende jare na vore kom.� Internasionale samewerking sal ook in die komende jaar nagestreef word. Die finansiering van so `n projek sal tydens die volgende vergadering voorgel� word.
- Daar is beraadslag oor die praktiese uitvoerbaarheid van `n BIN (Beef Information Nucleus) program waar verskillende stoetskuddes van 120 koeie elk oor 6 jaar aan `n intensiewe prestasietoetsprogram onderhewig is.�� `n Gedetaileerde praktiese voorstel met kostestruktuur� word tans opgestel.
- Die insameling van Net Feed Intake data, onder gekontroleerde toestande, word in die vooruitsig gestel. Basiese fasiliteite is by die LNR beskikbaar � Namibiese telersorganisasies sal deeglik oor die implikasies deur die NSV moet besin. Die LNR sal die vereistes en die verloop van die program spesifiseer saam met `n kostestruktuur vir implementering.
- Die ontwikkeling van teelwaardes vir temperament, skede/naelvel� is weereens beklemtoon. Suid-Afrika sal dieselfde punting as Namibia gebruik, dus moet hulle data soos tans gemeet dienooreenkomstig aangepas word.
- Twee adisionele seleksie indekse is saam met die RSA Brahmantelersvereniging die afgelope jaar ontwikkel, naamlik die Brahman Speen Indeks en die Brahman Voerkraal Indeks.� Deur wetenskaplik gefundeerde goeie korrelasie tussen die twee lande is die Nambian Extensive Rangeland Grazing Index nou vir altwee land beskikbaar onder die nuwe naam Brahman Rangeland Grazing Indeks.
- �Die beskikbaarheid van BREEDPLAN sagteware vir verskillende aanwendings sal meer bekendgestel moet word.
- Verdere samewerking tussen die RSA en Namibia oor ras standaarde sal voortgesit word.
Dit behoort ook vermeld te word dat die Namibiese kuddes wat aan prestasietoetsing deelneem nou op 74 staan d.w.s. met die aansluit van nuwe telers op 64%.� Maar die aantal diere in die nasionale Brahmanstoetkudde wat aan prestasietoetsing onderhewig is staan nou op 89%.� Skandering van stoetdiere het die afgelope jaar weens die droogte toestande effens afgeneem - 1361 diere is hierdie jaar geskandeer wat meer is as alle ander beesrasse saam en ook by verre die grootste aantal diere vir enige ras in Suidelike Afrika.
Brahman W�reldkongres: Begin April 2014 vind die Suider-Afrikaanse Brahman W�reldkongres in Parys, RSA plaas. Verskillende voorbereidingsaksies is al geloods. Oor die 30 persone (telers) uit Namibia het al geregistreer en verblyfreelings is al getref.�� Die NBBS het `n losie bespreek met `n stalletjie om die Namibiese Brahmane daar te promoveer.� Telers word aangemoedig om skoudiere daar te skou met moontlike verkope op die skouveiling. `n Pre- en Post-conference toer deur Namibia (insluitend besoeke aan verskillende stoeterye) is al met behulp van kundiges beplan en word op die internet bladsy van die W�reldkongres geadverteer. `n 60-jarige gedenkskrif word tans beplan en hopelik met die w�reldkongres bekendgestel.
Grondwet: Vir die eerste keer sedert die stigting van die NBBS is die grondwet met behulp van Ralph Behrens deurgewerk en veranderinge is aangebring waar nodig. Hierdie veranderinge is vandag aan u vir goedkeuring voorgel�.� Ons vertrou dat binnekort die grondwet in `n nuwe formaat beskikbaar sal wees.
Geagte dames en here, hierdie is my laaste jaarverslag as president van die genootskap na 3 jaar in die amp. Nuwe bestuurslede en`n� voorsitter sal verkies moet word soos die grondwet dit vereis.� Graag wil ek `n paar gedagtes met u deel� oor die pad vorentoe en saam daarmee die strategiese 5 jaar plan in ag neem soos dit twee jaar gelede opgestel is:
- Ons langtermyn visie is om die Brahman �The breed of choice in Southern Africa� te maak. Dus sal ons gefokus moet bly op die uitbou van markte na ons noordelike buurlande en na Suid-Afrika.� Maar ook die binnelandse mark bied verdere geleenthede wat benut kan word.
- Die verdere verhoging van prestasietoetsdeelname moet `n prioriteit bly � meer toepaslike inligting sal beskikbaar gestel moet word om telers op `n vrywillige basis te motiveer om deel te neem.
- Teelwaardes vir dae-tot-kalwing, skede/naelvel en temperament sal eersdaags beskikbaar wees as nog meer data ingestuur word. Die instuur van data vir die eienskappe sal beslis meer beklemtoon moet word.
- Die kapasiteit van die genootskap sal vehoog moet word vir groter doeltreffendheid.� Dit verg groter betrokkenheid van alle telers en die skep van kleiner werksgroepe vir spesifieke take sal `n werklikheid moet word.
- Die bemagtiging en opleiding van alle nuwe telers en kleiner telers behoort steeds `n prioriteit te wees. Hieraan sal opnuut aandag gegee moet word in die komende jaar.
- Die samewerking tussen Brahmantelersverenigings in Suidlike-Afrika sal onder die African Brahman Forum verder uitgebou moet word. Die fondasie is gel� en die samewerking was nog nooit so goed soos tans.
Ter afsluiting wil ek graag weereens my dank uitspreek aan:
- Ons sekretaresse mev Heilwig Andreae-Voigts wat hierdie pos nou baie getrou die afgelope 18� �jaar beklee.
- Die raadslede wat soos `n span saamgewerk het, met spesifieke melding dan aan
- Ebbi Fischer wat ook na die Brahman/Simmentaler huis omsien en aandag aan die veranderinge aan die grondwet gegee het.
- Cobus van der Merwe wat spesifiek verantwoordelik is vir die opdatering van ons webtuiste, die formulering van die vereistes vir bevordering van beoordelaars, en die opstel van die vereistes vir aansluiting van telers uit Botswana.
- Andre Compion wat vir alle promosiesake verantwoordelik was asook die organisering van die nasionale kampioenskappe te Grootfontein en die ko-ordinering van die �pre- en post conference�� W�reldkongrestoere na Namibia.
- Dirkie Uys wat aandag aan alle sake rondom die skoue gee.
- Ryno van der Merwe, die visie-voorsitter,� wat deur sy algemene insette altyd `n belangrike deel van die besluitnemingsproses is.
- Die NSV en sy personeel vir die opneem en verwerking van ons data en registrasieproses.
- Ons keurders en beoordelaars wat `n baie belangrike taak uitoefen ter bevordering van ons ras.
- Ernst Ahrens vir deeglike finansi�le rekordhouding en finansi�le state.
- En laastens vir u as telers vir u betrokkenheid by hierdie organisasie!!
Mecki Schneider
President
NBBS